Soil 2											Afrikaans

Evalueer en bestuur grondverdigting

Instructions: 

Folio strap: Grond

Byline: Artikel voorsien deur ‘n vorige produsent

Caption: 	

Diagram 1: ‘n Grondverdigtings toetsapparaat gee ‘n kykie van wat in die grond aangaan. 



In die artikel op bladsy 5 tot 8 het ons grondverdigting verduidelik en hoe dit gebeur. Hierdie artikel sal verduidelik hoe ‘n grondverdigtings toetsapparaat werk en hoe om grondverdigting te bestuur.



Die gebruik van grondverdigtings toetsapparaat.







Diagram 1













‘n Grondverdigtings toetsapparaat sal ‘n kykie gee van wat in die grond aangaan, maar is slegs een van verskeie apparate en metodes wat gebruik word om grondverdigtheid te meet. Die voordeel van die instrument is dat lande enige tyd, binne of buite die groei seisoen, geëvalueer kan word. Indien plante met gesondheidsprobleme opgemerk word, kan baie gou geëvalueer word of die probleem grondverdigting is of nie. Die beste tyd om die apparaat te gebruik is wanneer die hele land se vogstatus gemiddeld is. Té droë of modderige toestande sal nie betroubare lesings gee nie.

Die toetser bestaan uit ‘n 30 grade ronde staalpen met ‘n dryfas en ‘n drukmeter. Penne vir sagter en harder grond word ook voorsien. Die punte word ontwerp om die groei van ‘n plantwortel deur die grond na te maak. Die instrument gee lesings in kilopascal wat die weerstand van die grond vir penetrasie meet. Hierdie lesings kan jou ‘n aanduiding gee van die verskillende verdigtings op sekere vlakke in die grond profiel. Hierdie lesings kan gebruik word om ‘n hele plaas of ‘n spilpunt area op ‘n kaart aan te dui om sodoende ‘n potensiële grondverdigtingsprobleem oor ‘n groter area te evalueer. 



Bestuur van grondverdigting

Sommige oplossings om grondverdigting te bestuur word hieronder opgesom:

Verminder bewerking met die doel om oor te skakel na bewaringsbewerking, insluitend minimum bewerking.

Doen bewerking met trekkers en implemente of selfaangedrewe toerusting wanneer die land gemiddeld of onder-gemiddeld nat is. Die grondvog kan gekontroleer word voordat bewerking begin, deur ‘n grondmonster te neem omtrent 15 cm diep in die bogrond. Probeer ‘n bal vorm. Indien dit maklik vorm en vasklou, is dit te nat. Indien dit krummel is dit droog genoeg vir bewerking of swaar verkeer. 

Verminder die gebruik van ‘n skaarploeg drasties.

Verruil diep ploeg vir tandimplemente, sodat jy diep kan losmaak of stoppelbewerking kan toepas.

5.	Wanneer jy losmaak, gebruik ‘n tandimplement wat nie die grondoppervlak versteur nie, maar wat enige laag tussen 25 cm en 45 cm opbreek. 

6.	Plant met tandimplemente wat nie die grondoppervlak versteur nie, maar wat enige verdigting wat veroorsaak is deur swaar reën of verkeer, opbreek onder of naby die aangeplante ry. Verseker dat die saad aan die een kant van die kunsmis en die losgemaakte ry geplaas word.

7. 	Maak diep los tussen die rye van ‘n aangeplante gewas om oppervlakverdigting te breek, lug aan die grond te gee en reën toe te laat om diep te penetreer.

8. 	Dit is belangrik om wisselbou toe te pas en gewasse met verskillende wortelstelsels te plant wat sal help om die grondprofielverdigting op te breek of te verander. Koring, sonneblom, mielies en sojabone in ‘n wisselbou stelsel sal help om die vorming van ‘n verdigtingslaag in die grondprofiel te verminder. Plante met ‘n egalige verspreiding van wortels, word afgewissel met penwortel gewasse. Hawermout en triticale, wat baie effektiewe wortelstelsels het, kan ingesluit word om verdigting en terselfdertyd grondkwaliteit te verbeter wanneer die produsent nie aangeplante weiding wil vestig nie. Kontantgewasse kan ook met weidingsgewasse vir twee tot drie jaar afgewissel word om die grond te laat rus van skade aan masjinerie. Opbrengste word ook gewoonlik verbeter wanneer die siklus herhaal word.

9.	Gebruik trekkers en implemente met optimale wielwydte, sodat ‘n verkeerbeheersisteem aangewend kan word vir die hele boerdery operasie. Wanneer trekkers op alreeds gekompakteerde spore loop, vereis dit minder krag en meer effektiewe gebruik van diesel. Die areas en rye waar die plante aangeplant word, sal dan nooit vir die huidige seisoen gekompakteer nie. Die lande kan ook makliker bereik word na swaar reën deur die bestaande wielspore te gebruik.

10. 	Begin met bewaringsboerderytegnieke deur bewerkingsoperasies te verminder en beweeg na die opbou van organiese materie in die grond oor die volgende drie tot vier jaar.





